Oor wie gaan dit werklik? Numeri 20

Die woestynreis was besig om sy tol te eis.  En nou werk dit mos so, as ’n mens moeg word dan kry jy sommer ’n klompie ekstra goed om oor te kla. En arme Moses was die ou wat hierdie klagtes daagliks moes aanhoor.  Hy het die klagtelyn beman.  En in Numeri 20 lees ons...

‘n Geesvervulde gebedslewe Efesiërs 6:10-20 Pinkster 2013

“Kan ek jou superman, batman, spiderman, ironman wees, ek sal jou oppas in die donker, vir jou hero wees.  Ek sal die wêreld vir jou aanvat, vir jou ’n hero wees.”  So soek ons almal na iemand wat ons kan oppas, wat ons kan vashou en beskerm, wat die wêreld vir ons...

Geesvervulde gesinne Efesiërs 6:1-4

Inleiding Vanaand gaan ons met u praat oor die gesin. Dit is nou ouer-kinder verhouding en hoe ons dit in die lig van die Skrif en in die lig van ons tema van die week met ander woorde om vol te wees van God, sien. En   hoe nodig het ons nie om daaroor te praat nie....

Geesvervulde huwelike Efesiërs 5:21-33 Pinkster 2013

As daar nou iets tiperend van ons tyd is, is dit die feit dat ons almal hoë standaarde het.  Ons stel hoë standaarde aan onsself, aan ons kinders en aan ons werk.  Natuurlik geld dit ook vir die goed wat ons koop.  Wanneer jy vandag ’n ding koop, is die eerste vraag...