Pastorale Versorging

Die leraars en kerkkantoor maak gereeld kontak met familielede. Huisbesoek geskied individueel op aanvraag of in groepsverband. ‘n Databasis van professionele beraders is ook by die kerkkantoor beskikbaar.  

Ons wil graag weet wanneer familielede ondersteuning nodig het. Daarom vra ons dat familielede die leraars of kerkkantoor in kennis stel van siektes, hospitaalopnames en sterftes, om seker te maak dat ons ook daar geestelike en emosionele ondersteuning kan bied.  Ons het ondersteuningspanne wat help met hospitaalbesoeke,siekebesoeke en ondersteuningsgroepe vir mense wat verlies ervaar.

Skole Bediening

Die Geloofsentrum het ‘n passie vir die Jeug en reik graag uit na skole om kinders wat hulp nodig het, pastoraal, geestelik en emosioneel by te staan.

Universitas Primêre Skool in Bloemfontein skakel tans by die Skole-bediening van die Geloofsentrum in.

Ondersteuningsnetwerke

Die Geloofsentrum het ‘n lys van familielede wat in spesifieke mediese, finansiële en regsprofessies staan wat ons kan verwys indien iemand hierdie dienste benodig.

Gebedsversoeke

As ‘n Geloofsfamilie ondersteun ons mekaar en bid vir mekaar, wanneer dit moeilik gaan, maar ook wanneer dit goed gaan. Waarvoor kan ons vir jou bid?

Hospitaalbesoeke

Die Geloofsentrum leraars besoek graag persone wat in hospitale in Bloemfontein opgeneem is.  Kontak gerus die kerkkantoor om ons in te lig van spesifieke behoeftes.