

Wie is ons?
Die Geloofsentrum is ‘n sentrum vir aanbidding, heling, groei en diens waar gelowiges familie word. Die hartklop van die bediening is om saam te groei in geloof en dit op elke terrein van die lewe uit te leef. Ons is ten diepste bewus dat die Here ons roep om in die gemeenskap waarin ons onsself bevind relevant en diensbaar te wees.
Ons glo dat die Here aan elkeen gawes gegee het om uit leef binne Sy koninkryk. Daarom skep ons ruimte vir geloofsgroei en ‘n diepe nadenke en stilword rondom die Woord. Die Bybel is ons riglyn in alles wat ons doen en ons vertrou in Sy leiding deur die Heilige Gees wat in ons leef en werk.
Ons glo dat ons mekaar moet vashou in gesprekke deur in liefde en deernis na mekaar te luister sodat ons saam kan groei na dit wat God wil en nie wat ons wil nie. Ons is in nederigheid en dankbaarheid altyd diensbaar in God se koninkryk!
Leraars

Rikus Botha
073 106 9776
Thania Botha
081 062 3438


Louis Smith
082 895 5621
Kantoorpersoneel
Elmien Coetzer
081 828 9536
elmien@geloofsentrum.co.za
Skriba
Erika Uys
082 445 0337
erika@geloofsentrum.co.za
Finansies
Kantoorure
Maandag, Woensdag, Donderdag & Vrydag
08:30 – 12:30
Dinsdag
Gesluit