Eredienste

Die Geloofsentrum bied weekliks eredienste aan wat by die kerk fisies of aanlyn bygewoon kan word op YouTube. Dit is ook die sentrale punt van feesviering, versorging, bemagtiging en mobilisering.  ‘n Afrikaanse erediens word Sondagoggende om 9:00 by die Geloofsentrum in Universitas aangebied. Ons Engelse diens is Sondae om 16:30 en fokus spesifiek op studente in die Universitas omgewing. Hierdie bediening staan bekend as Centre of Faith.

Musiekbediening

Die Geloofsentrum het ’n unieke musiekbediening gevestig met ’n orkes, voorsangers en besondere orrel wat die gemeente tydens eredienste en ander geleenthede in lofprysing en aanbidding lei en bedien.  Indien jy belangstel om betrokke te raak, kliek op die onderstaande skakel en laat weet ons.

Centre of Faith Engelse Bediening

Die Engelse bediening, Centre of Faith, is een van die groeibedienings wat erns maak met die veranderende konteks waar baie studente uit verskillende kulture hul tuiste hier begin vind. Die Centre of Faith bestaan uit ’n engelse erediens Sondagmiddae om 16:30 en spesiale geleenthede word van tyd tot tyd aangebied om familielede te help om geestelik te groei. Vir meer inligting kontak ons.

Doop

Die Geloofsentrum doop babas van gelowige ouers, maar laat ook ruimite vir ouers wat dit verkies om hul kinders in te seën sodat hulle later groot gedoop kan word. Die Geloofsentrum aanvaar ook volwassenes wat tot bekering gekom het en hulle self wil laat doop. Groot en klein doop word in die Geloofsentrum toegepas.

Kontak ons vir meer inligting.

Huweliksbevestiging

Dit is vir ons as Geloofsentrum belangrik dat paartjiesdie verantwoordelikheid en ooreenkoms van die huwelik verstaan.  Daarom is daar ‘n voorhuwelikse gesprek wat met die leraar van keuse moet plaasvind, voordat hulle trou beloof aan mekaar en in die huwelik bevestig.

Kontak ons vir meer inligting.