Japie Marais
Skriflesing: Fillipense 4
Tema: Ritme van vrede
4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.
6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Inleiding
Die laaste twee weke se preke het gehandel oor:
- Die Ritme van dankbaarheid
- Die Ritme van Rus – leegmaaktyd en volmaaktyd
- Vandag se preek handel oor die ritme van vrede.
En dit is so ‘n belangrike tema want Sagaria het in Lukas 1 :79 by Jesus se krippie gestaan en gese dat Jesus ons voetstappe wil rig op ‘n pad van vrede. Met ander woorde Hy het gekom om ons ‘n ritme van vrede te gee.
Om dit te kan verstaan, is daar drie dinge wat ons moet begryp:
- Wat is die vrede?
- Hoe kry ons die vrede
- Wat is die gevolg van die vrede
1. Wat is die vrede waarvan Sagarias en Paulus praat?
- Daar is wat hulle noem politieke vrede. VVO en al die politieke organisasies sal hierop fokus.
- Dan is daar sosiale vrede. Martin Luther King het onder meer gese dat vrede net kan bestaan as daar vrede en gelykheid tussen ressegroepe is.
- Daar is daar psigologiese vrede. Freud weet ons het klem gele op interne vrede. Vandag nog sal sielkundiges daarop klem le dat vrede daarin le dat jy jouself moet aanvaar soos jy is. Met al jou tekortkominge en foute.
- Dan is daar gedragsvrede. John Lennon het met sy bekende “bed-in” in die sewentigs gese dat vrede sy hoogtepunt bereik in jou seksualiteit.
- Dan is daar die vrede waarvan die Bybel praat. Wat heel ‘n ander karakter het as die vrede waarvan die wêreld praat:
- Allereers is dit ‘n individuele vrede. Sien dit in die aankonidiging van Jesus – voetstappe van vrede; Paulus se groete; die gedeelte wat ons nou gelees het. In al twee hierdie gedeeltes word vrede aan die individu toegesê.
- Verder is dit ‘n vrede wat in ons gedagtes Lees verse 7 en 9. Vers 7: “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” En dan vers 8-9 : “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” God sal vrede in julle gedagtes leef. Met ander woorde vrede het te doen met wat jy dink.
- Voorts is die ‘n opdrag. Dit is iets wat ons moet nastreef en nie outomaties ontvang nie. Daarom word daar twee werkwoorde gebruik in die gedeeelte en dan word die gevolg uitgespel.
- Maar seker die belangrikste kenmerk van vrede is dat dit die teenoorgesrtelde van angstigheid is .
- Vers 6 : Moenie angstig wees nie
- Maw moenie stemmetjie in julle kop he wat
- Jullle aankla
- Aandag aftrek
- Besig hou
- Enige tekens van ‘n stemmetjie of stemmetjies wat in jou kop bly, langer as oomblikke wat jy dit kan hanteer, is tekens van angstigheid. ‘n Lawaaikoppie (malkoppie) is ‘n angstige koppie wat die teenoorgestelde van vrede is.
Met ander woorde as ‘n definisie van vrede kan gee dan is dit: ‘n Kop wat nie lawaaistemmetjies het nie, maar net aan mooi goed dink.
Dit is wat die Bybelse vrede is.
2. Hoe kry ons deel aan daardie vrede
Dit is baie interessant dat in die gedeelte wat ons gelees het. Is daar net twee werkwoorde. Die een is in vers 6: moenie besorg wees nie (angstig – direkte vertaling). Die ander is in vers 8: … daarop moet julle julle gedagtes rig.Hierdie twee werkwoorde gee dadelik vir ons ‘n idee van wat ons moet doen om die vrede te kry. Die eerste een dui op skoonmaak van alle stemmetjies in jou kop – skoonmaaktyd en die tweede is om jou gedagtes met mooi dinge te vul – mooimaaktyd. Kom ons kyk dan nou na die twee stappe om vrede te bekom.
- Skoonmaak tyd
“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend” Direkte vertaling : Moenie angstig wees nie. Met ander woorde:
- Raak ontslae van alles wat negatief is in jou kop. En dit is doodeenvoudig.
- Moenie angstig wees nie
- Maak julle sondige gedagtes aan die Here bekende. Dit is wat Paulus bedoel met die woord begeertes. En dit is ‘n gebed gerig tot God. As jou gedagtes dus heeldag gevul word deur haat, geld, seks, drank, wraak, en enige ander sonde, gee dit vir die Here. Kry dit uit jou kop uit. En Hy sal dit met graagte vat en gooi waar dit hoort. In die buitenste duisternis.
- Maak julle kommer gedagtes aan die Here bekend. Dit is waarop die woord smekinge dui. Dit wys op alles in die lewe wat vir ons ‘n bron van kommer is. Hetsy dit ons verhouding met mense, ons werk, ons geld of enige iets anders is en dit is gewoonlik gerig aan mense, raak ontslae daarvan. In jou kop gaan hulle geen oplossing bring nie net onvrede. Vertel of bespreek dit met iemand en kry dit so uit jou kop uit. : Oswald Chamberse se hier dat ons baie speesifiek moet wees.
- Nadat julle nou al julle sonige gedagtes vir die Here gegee het en julle kommer met die Here en ander mense gedeel het, glo dat julle kop skoon is. Daar is nog nie noodwendig ‘n oplossing daarvoor nie, maar die goggas is uit jou kop uit. En as jy glo dit is uit dan kom Paulus met die woordjie met danksegging. Met ander woorde jy kan al klaar die resultaat daarvan voel en ervaar. En glo my daardie skoonmaakproses kan in een dag afgehandel word.
- Dan sit jy met ‘n lee kop. Nou moet jy ‘n filter insit dat die negatiewe nie weer inkom nie. Ek loop nou die dag saam met ‘n vriending wat ‘n vreeslike liefdevolle mens is en graag met mense praat. Ons loop toe ‘n gemeenskaplike vriend raak en voer ‘n lekker gesprek. Net ewe skielik sêsy vir hom: Dit was lekker om jou te sien. Mag dit goed gaan. Ek het nog geluister en toe ek loop vra ek haar: “Hoekom het jy so ewe skielik geloop?” Haar antwoord was: “Hy het begin lelik praat van sy vorige werk en ek het nie nodig om daarna te luister nie. GROOT LES. Ons moet ‘n filter insit en het nie nodig om onsself bloot te stel aan enige negatiewe goed nie.
En die wonderlike van die gedeelte is dat as ons alles wat negatief in ons kop uitgegooi het en ‘n filter ingesit het, dan gaan staan die Here self voor ons gedagtes en sorg dat die negatiewe nie terugkom nie. Luister na vers 7 : “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Daardie woordjie waghou is ‘n militere term wat beteken dat soos ‘n tronkwag voor ‘n deur staan en sorg dat niemand ingaan nie so sal die Here voor ons gedagtes staan en sorg dat geen goggas in ons kop terugkom nie.
Die eerste stap om innerlike vrede te kry is, om ontslae te raak van alles wat onvrede bring en n filter in te sit om dit uit te blok.
- Mooimaaktyd
“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig”
Die tweede stappie is nou mooimaaktyd. Dit is hoekom Paulus met die woordjie loipon – dit is in Afrikaans verder, begin. En dit word die mooiste deur die teksie opgesom. En al hierdie woorde wat Paulus hier gebruik het, kom in die Ou Testament voor. En dit is ook alle morele deugde wat volgens die Roemeine ‘n ideale mens spel. En hierdie deugde waarmee jy dan die kop gaan volmaak, is ‘n voortgesette aksie van om vrede te kry. Met ander woorde, nou dat ons van al die goggas in ons kop ontslae geraak het, moet ons ons gedagtes met mooi dinge volmaak. En daardie woordje daarop moet julle julle gedagtes rig is meer as net dink. Dit kan die beste opgesom word deur die woorde : Dit moet ‘n lewensritme wees. Moffat se : Keep In mind. En dit gaan nie net hier oor deugde wat vir jouself waarde het nie. Dit gaan oor deugde wat jou gedrag beinvloed. Dit wat jy doen. Dus hoewel dit in jou kop is, is dit net daar om oor te spoel na jou lewe toe. Ons wil net een of twee uitlig:
- Waar is – semna 9grieks) – vergodddelik verhewend. Dus iets wat volgens God waar en reg is.
- Mooi – prosphile (grieks) – aantreklik en gee plesier. Dit dui op alles wat mooi is soos die natuur, diere, sport, jou geliefde, jou kinders ens.
- Prysenswaardig – euphema (grieks) – om goed te praat van. Jy moet dus jou kop vol hê van komplimente. Dit is vir enige iemand wat op jou pad kom. Of dit die pakker by die winkel of jou baas of enige iemand anders is.
U sien dus dat mooimaaktyd is om jou gedagtes so in te rig dat dit vir jou, jou naaste en vir God ‘n plesier is om dit te beleef. So maak ons onsself mooi vir die wêreld. Ons moet ons kop volmaak van mooi goed. As iemand ooit vir jou vra waaraan jy dink, moet dit iets moois wees, anders dop jy die stap. En dit is so maklik. Luister eerder na gospel as sekulêre musiek. Lees eerder geestelike boeke as rillers. Kyk eerder gesinsflieks as PG16 flieks. Sit eerder in die aand buite en kyk hoe die maan en sterre opkom as om nuus te kyk. Gaan eerder na ‘n goeie restaurant as ‘n kroeg toe. Keuses wat jy maak, maak of jy jou kop met mooi goed of lelike goed vul.
- Die gevolg
Die gevolg van skoonmaaktyd en mooimaaktyd word mooi in verse 7 en 9 genoem.
Vers 7 : En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Vers 9 : En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Duideliker kan ek dit nie stel nie. Die gevolg is vrede. ‘n Koppie wat nie raas nie. ‘n Koppie wat die mooie kan geniet sonder om die lelike te sien. Maar dit is nie al nie. Daar is ook ‘n ander gevolg wat ons met ‘n volgende geleentheid sal bespreek maar net hier wil noem.
Vers 5 : Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Met vrede in jou gedagtes sal jy altyd kan bly wees want daar is niks wat jou aandag aflei nie.
Slot
Ek wil afsluit met ‘n paar getuienisse wat die vrede is en in ons harte illustreer:
Andre Oosthuizen : Dit is nie oorlog nie. Dit is ‘n vrede wat in ons hart en siel leef.
Zilke : Belangrik vir vrede is dat ons ‘n filter moet insit wat lelike uitblok.
Elza : SMS wat sy vir my gestuur het. Die een ou het met koffie in sy hand geloop. Iemand het hom gestamp en hy het koffie gemors. Vraag was: Hoekom het hy koffie gemors? Mense sal antwoord: Want iemand het hom gestamp. Of hy het nie die koppie styf genoeg vas gehou nie, maar antwoord is: Want daar was koffie en nie tee in sy koppie nie. Net so kry ons daagliks stampe en stote en dit wat in ons hart is sal navore kom. As dit lelik is, sal ons lelik reageer. As daar mooi in ons hart is sal ons met lelike reageer.
Hier is ‘n paar persoonlike getuienisse van myself. Ek glo en het die Here lief maar na die preke van Retief oor ‘n nuwe mens en dit wonderwerke van die 72. En die preke van Andre oor ritme van dankbaarheid en rus het ek besef ek het nie vrede in my hart nie. Na my vroue se afsterwe en die ongeluk waar ‘n kar my van my fiets gery het het ek afgestomp geraak. In een week moes drie dinge gebeur (skoonmaaktyd) voordat ek weer ‘n gemoed van vrede kon hê:
Allereers was my musiekkamer in chaos. Vir langer as ‘n jaar het ek geen cds wat ek geluister het, teruggesit op hulle plekke nie. En as jy 13500 cds het, kan dit nogal tot chaos lei. Ek moet skoonmaak en die cds terugpak. Daar was oor die 500 cds wat rondgele het. Eerste skoonmaaktaak.
Dan was daar my oorlede vrou se studeerkamer. Nadat sy oorlede is, het ek al haar goed in bokse daar gesit (oor die 30 bokse) en vir langer as ‘n jaar nie daardie deur oopgemaak nie. Daardie selfde week het ek die studeerkamer oopgemaak en skoongemaak. Wat ‘n gevoel van vrede het my nie oorspoel nie. Iemand anders kon nou die plek gebruik as werkskamer en so ‘n stowwerige spokerige plek omskep in iets moois.
Maar dit was nie laaste nie. Daar was nog een plek wat skoongemaak word. Soos Andre gepreek het, het ek my rustigheid in die aande gevind in op die stoep sit en rustig wees. Probleem was, die tuin is verwaarloos (hoewel ek ‘n tuinjong het) en die gras het heeltemaal doodgegaan – ten spyte van die feit dat ek’n boorgat het. Waar ek elke aand vir die tuin gekyk het, het ek geskuif na die agterdeur en vir my kar gekyk. Tuin het my te onrustig gemaak. En toe die besluit om die tuin skoon te maak en mooi te maak. ‘n Grasman (Lawnpro – Gerhard) het vir my ‘n kwotasie kom gee om die gras oor te plant. Dit was in die middel van die hittegolf. Almal het my afgeraai. Maar volgens Andre se preek oor die melaatses moes ons eers die pad stap na die priester toe voordat die wonderwerk kom. En volgens sy preek oor die ritme van rus moet ons dit nie op ‘n ander plek gaan soek as waar ons is nie. En volgens hierdie preek oor die ritme van vrede bestaan dit uit skoonmaaktyd en mooimaaktyd. Gerhard het kom plant. Meer as 300 vierkante meter. Die gevolg is dat ek my kant elke aand moet bering en meer as vier ure moet gras natmaak. Die reen / wonderwerk sal kom. Maar die grootste wonderwerk het al gekom. Ek kan in vrede in my hart in die aand rus en na groen gras kyk.
Met hierdie drie groot take van skoonmaak en mooimaak het ek agter gekom, die Here het vir my vrede in my hele lewe gegee. Nie meer goggas, nie meer stemmetjies, nie meer ‘n geruis in my kop nie. Net vrede. En dit sal so bly want God het belowe: Hy sal oor my gedagtes waghou. En hy doen dit. Ek moes net eers my kant bring. Vrede en ‘n rustige gemoed is baie vinniger haalbaar as wat u dink. Maak net u gedagtes skoon en vul hulle met mooigoed en God sal sorg dat jy ‘n ritme van vrede het.
Amen
Luister na Lauren Daigle se liedjie You say op YouTube en dit sal vir u bevestig wat ek en die Woord sê. Vrede.