Prediker: Japie Marais

Die mooiste en waardevolste waarhede kom soms uit gesprekke na vore.  Ek wil graag hier na drie gesprekke verwys.

Gesprek tussen leraars

 

Ons het nou een Donderdagoggend met die bespreking van die preke ‘n baie interessante en kort gesprek oor geloof, hoop en liefde gehad. Ek het daarop gewys dat geloof in die Bybel sy ankers sterk in die verlede het. Dit is hoekom daar altyd verwys word na die die God wat Israel uit Egipte uit gelei het en in die Nuwe Testament op Jesus wat klaar vir ons sonde gesterf het. Andre wys toe op die hoop wat ‘n toekomsgerightheid het. Ons hoop vir iets wat nog moet gebeur. Sy hele reeks uit Openbaring het daaroor gegaan. En op die vraag waarop vandag dan gaan, wys Retief daarop dat dit die liefde is. So sê Paulus en Jesus. Vir ons in die Geloofsentrum is dit so, want ons almal is belydende gelowiges. Maar vir die mense aan wie Johannes in Openbaring geskryf het, het dit vandag primêr oor hoop gegaan, want hulle is vervolg. En vir die mense in Rome het dit vandag oor geloof gegaan, want hulle was in die sendingveld.

 

Ongeag die klem, vandag is die belangrikste dag in ons lewe. So het Jesus ons geleer en daarom bid ons vir ons daaglikse brood en bekommer ons ons nie oor more nie.

 

  1. Gesprek van Jakobus met die gemeente in Jerusalem

 

In Jakobus het ons ‘n reeks gesprekke (preke) wat Jakobus (volgens Paulus die broer van Jesus) met  sy gemeente in Jerusalem gehad. Hierdie gesprekke het die bestuursraad so beïndruk dat hulle almal in een bundel saamgevat het en vir die gemeentes oor die hele wêreld gestuur. Maar ons wil nie nou kyk na die hele boek nie. Ons wil net kyk na Jakobus 2:14-26.

 

In die gedeelte wys Jakobus vir die lidmate op die belangrikheid van werke. Hulle het waarskynlik almal nog vir Jesus in lewende lywe aanskou en die meeste van hulle was seker nog daar die dag toe die Heilige Gees uitgestort is. So hulle het geglo. Hulle gister was reg. Maar hulle het vervaag in die goeie werke. En vir Jakobus was dit belangrik om ernstig met hulle te praat en daarop te wys dat hulle VANDAG  hulle aandag aan goeie werke moet gee. Die meeste werkwoorde in die gedeelte is in die teenwoordige tyd (selfs die verwys na Abraham se offer en Ragab se lei van die verspieders) en daarom weet ons dat Jakobus vir hulle wou duidelik wys dat werke baie baie belangrik is. Daar was egter mense wat in die gemeente was wat gesê het dat goeie werke ‘n leer van die fariseërs was. Nou vat Jakobus hulle in die gedeelte ernstig vas en gee 5 argumente hoekom werke vandag belangriker (net so ) as geloof is. Ek gaan nou elke argument as opskrif gee en dan sommer die verse daaronder sit wat daaroor handel. Dit is vir Bybelstudie doeleindes.

 

  • Retoriese argument (vraag – antwoord metode) vers 14:

    Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red?”

  • Hipoteties illustratiewe argument (skep van ‘n hipotetiese situasie) verse 15-17

    Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood”

  • Apologetiese argument (soos in ‘n akademiese argument) verse 18-19

    Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade. Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs. “

  • Historiese argument (verwys na Abraham en Ragab) verse 20-25

    Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is? Ons voorvader Abraham het sy seun Isak op die altaar gelê. Is dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God hom vrygespreek het nie? Jy sien dus dat sy geloof met dade gepaard gegaan het en dat dit eers deur dade volkome geword het. So is die Skrif vervul wat sê: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek,” en hy is ‘n vriend van God genoem. Julle sien dus dat ‘n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie. Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ‘n ander pad laat ontkom het nie? “

  • Skok argument vers 26

    ‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.”

 

  1. Gesprek van Japie Marais met Geloofsentrum in Univesitas

 

In die lig van wat die afgelope week in Knysna (brande en wind) en in die Wes Kaap kan ons nie genoeg klem lê op die belangrikheid van goeie werke nie. Hoe goed is dit nie om al die wahtsupps te sien met hulp wat instroom en hande wat oopgaan.  Maar Jakobus het dit ook in sy tyd gesien waar die Fariseërs voor almal vir die armes aalmoese gegee het en nogtans praat hy ernstig met sy gemeente oor goeie werke. En wat hy vir hulle en ek vir u wil wys is dat goeie werke nie ‘n eenmalige daad of ‘n daad net vir geloofsentrum is nie. Nee, dit is ‘n daaglikse ding waarmee ons altyd moet besig wees.

 

Nou weet ek dat daar in ons tyd net soos in die tyd van Jakobus mense gaan wees met allerhande argumente hoekom u u nie wil besig hou met goeie werke nie. Van die argumente wat u kan voorhou, is die volgende :

 

  • U kan sê dat u nie in ‘n omgewing is waar mense nood het nie. En jy sien nie kans om armes te gaan soek nie.
  • Of jy kan beweer dat jy ‘n iintrovert is en nie daardie urge het wat ander mense het om goeie dinge te doen nie. Dan kan jy nog beweer dat jy mos dankoffer gee of bid.
  • Of jy kan die verskoning uitdink dat die Bybel sê dat jy uit genade gered word en dis genoeg.

 

Nou ek het vir julle nuus. Hierdie is maar vae verskonings. Nie een van hulle hou enige water nie. En nou wil ek vir u uit die gedeelte wys hoekom ‘n gelowige nie anders kan as om goeie werke te doen nie.  Dit is soos slaap. Dit is deel van jou lewe.

 

  • God gee vir jou die geleenthede

 

Jy kan nou maklik sê dat jy nie weet waar en wanneer jy die goeie werke moet doen nie. Jy is dalk in die koshuis of bly in Heuwelsig en daar is niemand wat tekorte het nie.

 

Wel om te dink dat goeie werke uit gee van kos en klere bestaan is ‘n totale wanopvatting. Ek gaan ook nie vir u hier ‘n lysie van goeie werke gee en vir elkeen ‘n puntetotaal gee en as jy meers as 50% het slaag jy nie. Nee dit is baie meer eenvoudig as dit.

 

Jy hoef nie geleenthede te gaan soek nie. God gee hulle vir jou. Hy bring geleenthede op jou pad om goed te doen. Jy moet dit net raaksien. In die gedeelte het ons nie minder as drie voorbeelde nie:

 

  • Vers 19: Hoeveel keer het jy nie te doen met iemand wat lasterlik praat nie. Jy moet net daar op daardie oomblik vir hulle sê dat hulle verkeerd is.
  • Verse 20-24: Abraham het verseker nie gaan soek na die geleentheid om sy seun te offer nie. God het daardie geleentheid op sy pad gebring.
  • Vers 25 : Ragab het nie die verspieders op die straathoek gekry nie. Al was sy ‘n prositituut. Die Here het hulle aan haar deur laat klop. Sy kon hulle wegwys, maar sy het nie. Sy het dit gesien as ‘n geleentheid van God om goed te doen.

 

God bring elke dag geleenthede op jou pad. Sien jy dit raak. En as jy dit raaksien, moet jy nie uitstel na more toe nie. Vandag – meer nog nou – is die tyd om dit te doen. Daarom praat die Bybel van kairostyd. Dit is ‘n tyd en plek en geleentheid wat God daar stel. Jy moet dit net raaksien.

 

Dit gaan alles oor timing. Net soos daardie drie wat die Springbokke se skrumskakel teen Frankryk in die toets op Loftus gedruk het. Hulle het dit in die oefeninge geoefen en dit het nooit gewerk nie. Maar toe die timing reg was, het dit gewerk. God sal vir jou geleenthede gee om goed te doen.

 

  • God gee vir jou die liefde

 

Jy mag dalk sê dat jy nie die gawe van vrygewigheid het nie. Wel dis nie wat die Bybel sê nie. Die Here gee aan almal die gawe van die liefde. Is dit nie wat Paulus in 1 Korintiërs 12 en 13 sê nie. Hy sê duidelik daar vir die gelowiges in Korinthe dat God aan al die gelowiges die gawe van liefde gee. Met ander woorde daardie urge (drang) om goed te doen, plant hy in elkeen se hart.

 

Hy het dit in Abraham se hart geplant. En daarom was Abraham bereid om sy seun te offer.

 

Hy het in Ragab se hart geplant. Daarom was sy bereid om ten spyte van die moontlike konsekwensies die verspieders te help. Sy het self so ver gegaan as om haar geloof in Josua 1 te getuig.

 

In Johannes 15:9 sê Jesus dat Hy ons net so lief het as wat die Vader Hom liefhet. En in Johannes 3:16 staan daar duidelik dat God die wêreld lief het. Hy gee dus vir elkeen van ons daardie liefde om goeie werke te kan doen.

 

  • God gee vir jou die opdrag

 

Maar nog belangriker – God gee vir jou die opdrag om goeie werke te doen.  Jakobus gaan so ver as om ‘n gelowige sonder goeie werke te vergelyk met ‘n lyk. Hy is dood. ‘n Duideliker opdrag as dit kan jy nie kry nie. Maar as dit jou nie oortuig nie, sal die volgende :

 

  • Jesus se eerste gesprekke met die mense in Matteus 5-7 het net oor een onderwerp gegaan en dit is die doen van goeie werke (die wil van die Vader. In Matteus 6:33 sê Hy : “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” ‘n Hoofstuk verder in 7:21 sê Hy : “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee”
  • Paulus wat so sterk op die geloof klem gelê het, was ook baie duidelik dat dit ‘n opdrag van God is dat ons goeie werke moet doen. Daarom sê hy in Romeine 2:6 dat God ons elkeen sal veroordeel volgens ons dade. En baie duidelik in Korintiërs dat die grootste gawe liefde is.

 

Jy kan dit nie ontkom nie. God is duidelik. Jy moet goeie werke doen. Dit is nie opsioneel nie. Dit is nie Rooms nie. Dit is nie Ou Testamenties nie. Dit is ‘n Goddelike opdrag.

 

Slot

 

U sien dus : Goeie werke is belangrik. Nou kan jy vir my sê: Ja maar jy het niks van geloof gesê nie. Sluit dit nou geloof uit.

 

Nee, kyk weer mooi na die redes hoekom jy goeie werke moet doen:

 

  • God gee ons die Geleenthede
  • God gee ons die Liefde
  • God gee ons die O

 

U sien bogenoemde is om vandag te wys ons glo. Net jy kan tussen jouself en goeie werke staan. Jy kan jou oë toemaakv ir die geleenthede wat God vir jou gee, of jy kan jou hart verhard as God vir jou die liefde gee of jy kan jou ore toedruk vir sy opdrag.

 

Mag jou standpunt elke dag oor goeie werke wees : Just do it.