





Jeugbediening
Die Here roep ons om ‘n gemeente vir die hele gesin te wees!
Dit is daarom vir ons belangrik:
- dat die gemeente ‘n veilige ruimte is waar kinders en jongmense welkom voel
- dat hulle ‘n lewende verhouding met God Drie-enig ontwikkel
- dat ‘n liefde vir God se Woord by hulle gekweek word en hul lewe op die waarhede daarvan gebou word
- dat hulle leer om dissipels van Jesus te wees deur getuienis en diensbaarheid in die gemeenskap en die wêreld
- dat gesinne saam die Here kan aanbid en geloofsgroei ervaar
By die Geloofsentrum bedien ons die Jeug op verskeie vlakke.
- Junior Jeug:Ons bied gedurende die erediens Kategese aan vir die volgende groepe:
- Woelige Wurms (2-3 jariges)
- Groeigoggas (4–5 jariges)
- Besige Bouers (6-7 jariges)
- Ontdekkers (8-9 jariges)
- Unikids (10-11 jariges)
- Coffeeclub (12-13 jariges)
Let wel, dat die gegewe ouderdom van elke groep, slegs ‘n riglyn is. Ouers kan self bepaal by watter groep hul kind die beste inskakel, bv. ‘n Gr.R wat laat in die jaar verjaar, sou nog by die 4-5 jarige groep kom aansluit.
- Senior Jeug: Jeugdienste word gelyklopend met die erediens in die kerkgebou vir tieners aangebied in die saal. Alle Gr.8’s tot Gr.12’s word uitgenooi om hierby in te skakel.Daar is na afloop van die Jeugdiens Kategese vir Gr.8 – Gr.12 leerders in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
- Belydenisgroep: Persone vanaf die ouderdom van 16 jaar en ouer word aangemoedig om hul geloof in die openbaar te bely.Vorm deel van die Belydenisgroep en woon ‘n 8 weke kursus by ter voorbereiding van jou belydenisaflegging. Daar is twee geleenthede per jaar vir belydenisaflegging.
- Kinders met spesiale behoeftes / sensoriese sensitiwiteit: Die Here het aan ons die behoefte openbaar wat daar bestaan aan ‘n klein klas vir kinders wat nie tuiskom in die ander, groot en bedrywige Jeuggroepe en klasse wat sensories oorstimulerend mag wees, nie.In hierdie groep word geloofsvorming gefasiliteer deur aan die betrokke kinders individuele aandag te skenk en geskikte aktiwiteite aan te bied. Dit word elke eerste Sondag van die maand, gedurende die erediens, om die beurt deur professionele persone, waaronder arbeidsterapeute, spelterapeute en fisioterapeute aangebied.
Vir meer inligting oor die Jeugbediening, kontak gerus die Kerkkantoor by 081 828 9536 of vir Ds. Thania Botha by 081 062 3438.
Kliek HIER om jou kind in te skryf vir Jeugbediening
Kliek HIER vir meer inligting oor geleenthede wat deur die jaar vir die jeug en ouers aangebied word.


Woordskool
As Geloofsentrum vir groei wil ons elke lidmaat toerus om met selfvertroue die Woord van die Here te lees, te interpreteer en te verstaan. Sodoende kan Bybelse beginsels op alle aspekte van ons lewens toegepas word.
Die Woordskool is ’n toerustingsgeleentheid waar jy waardevolle geloofsvaardighede leer om te groei in jou verstaan van die Woord en jou liefde vir die Here Jesus. Talle mense is al deur die Woordskool toegerus en getuig van persoonlike groei en verryking. Dit is ’n geleentheid om in jou eie geestelike lewe te belê!
Jy skryf nie eksamen nie, maar ontwikkel waardevolle vaardighede om die Woord te verstaan en in verskillende situasies en kontekste in jou lewe toe te pas.
Die Woordskool bestaan uit kort kursusse wat deur die loop van die jaar aangebied word. Jy kan enige van hierdie temas bywoon, ongeag of vorige temas/kursusse bygewoon is.
Hou die Familienuus dop vir opkomende kursusse. Woordskool word aanlyn aangebied.

Bybelstudie & Omgeegroepe
As Geloofsentrum is dit ons visie dat elkeen geestelik sal groei tot volwassenheid. Om hierdie groei aan te moedig, is daar verskeie groeigeleenthede waarby ingeskakel kan word:
- Bybelstudie op Dinsdae om 09:00 vir vroue
- Bybelstudie op Woensdae om 10:00 vir mans
- Jongvolwassenes elke Woensdag om 18:30 by Eunice Hoërskool
- Jong gesinne omgeegroep elke Donderdag om 18:00
- Daar is ook ‘n volwasse omgeegroep wat weekliks bymekaarkom
Kontak gerus die Geloofsentrum vir inligting oor ‘n geskikte groep vir jou. Kliek hier

Mannebediening
Manne byeenkoms elke Vrydag oggend om 6h45 by die Geloofsentrum se Koffiewinkel.
Mans van alle ouderdomsgroepe word genooi om rondom relevante temas in Jesus se Naam bymekaar te kom saam met ‘n koppie koffie en beskuit.
Ons byeenkomste is baie informeel, maar tog aktueel en bemoedigend. Ons ondersteun mekaar en praat as manne in ‘n veilige ruimte oor die dinge wat ons as mans na aan die hart lê.

Vrouebediening
Eg Vrouwees is die Geloofsentrum se vrouebediening vir vroue van alle ouderdomme!
Daar word deur die jaar verskeie geleenthede aangebied waar vroue geestelike gevoed word, mekaar ondersteun en nuwe vaardighede aanleer. Ons gaan ook elke jaar saam op ‘n heerlike wegbreeknaweek!

Geloofswoord
Die Geloofswoord videos is op die Geloofsentrum se YouTube kanaal beskikbaar. Die inhoud hiervan strek van persoonlike getuienisse tot reekse oor boeke en temas in die Bybel.
Skakel gerus die kerkkantoor om meer hieroor uit te vind.