Geleenthede wat deur die jaar aangebied word

  • Ouertoerusting en -verrykingsgeleenthede: Hou gerus die kerkkalender, Familienuus (weeklikse nuusbrief) en sosiale media dop vir meer inligting rakende verskeie geleenthede wat deur die gemeente aangebied sal word om jou as Christen-ouer in verskeie opsigte toe te rus en ter verryk.
  • Geleenthede gedurende die jaar: Daar word gedurende die jaar verskeie geleenthede aangebied ten doel om verdere geloofsgroei te kweek, sowel as om rentmeesterskap en dissipelskap te beoefen.
  • Dankoffers: Elke klassie het ‘n houtkissie by die deur, waar kinders hul bydrae uit dankbaarheid vir die Here kan gee. Dit is nie verpligtend nie, maar word aangemoedig.
  • Uitreike: Daar is kwartaalliks ‘n uitreik wat deur die Jeug gedryf word, waardeur die nood en behoeftes in die gemeenskap aangespreek word.
  • Avontuurweek: Gedurende die Junie/Julie vakansie word ‘n week-lange geleentheid aangebied vir kinders van Gr.R-Gr.6. Gr.7 tot Gr.12 leerders tree as groepleiers op.Die week het ‘n tema, waarvolgens die saal versier word en die aktiwiteite ingerig word. Die doel is om die kinders konstruktief besig te hou en met die Woord van die Here te bedien, van 07:30 – 13:00 elke dag. Die kinders beweeg gedurende hierdie tyd tussen verskillende stasies, waar daar verskillende aktiwiteite aangebied word, bv. crafts, snacks, fliek/storiekyk, speletjies, ens. Ouers betaal ‘n fooi vir hul kind/ers per dag of per week.
  • Vakansiekerk: Dit is ‘n verlenging van die jeugbediening gedurende vakansies (uitsluitende Desember) en lang naweke. Dit het ontstaan uit die behoefte om die kinders te bedien wat gedurende die vakansies en lang naweke die erediens saam hulle ouers bywoon.Vir meer inligting oor die Jeugbediening, kontak gerus die Kerkkantoor by 081 828 9536 of vir Ds. Thania Botha by 081 062 3438.